Dis weer walvistyd en besoekers en inwoners is opgewonde oor die aantal walvisse wat vanjaar in die Overberg is. Die WhatsApp-groep oor waar jy walvisse kan sien, Overberg Whale & Dolphin, is behoorlik besig oor waar die walvisse hulle tans bevind. Die kranige fotograaf SJ van Zyl het dié mooi foto met sy hommeltuig by die uitkykpunt by Roman Rock geneem. “Tussen ses en sewe walvisse was saam met hul kalfies en het tot naby aan die kus gekom en baie lekker in die water gespeel,” het hy gesê. Foto: SJ van Zyl
Walvisse en kalfies baljaar
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.