Dr. Thys Smith saam met Isabel van Niekerk, Corrie Fogwell, Truna Odendal, Sue Clegg en Elsa Simon.Foto: Mitzi Buys


“My naam is Thys en ek voel so tuis hier by julle, want dit is die 15de VLV-tak wat ek die afgelope jaar besoek,” was dr. Thys Smith se openingswoorde toe hy op Donderdag 3 Oktober as gasspreker die Caledon-tak van die Vrouelandbouvereniging (VLV) toegespreek het.

Smith was 20 jaar in die gemeentebediening en daarna verbonde aan die Teologiese Kweekskool in Stellenbosch voordat hy in Wellington afgetree het. Hy is ook die direkteur van die Kinderland-trust. Die Kinderland-kleuterskool asook die Kinderland-akademie, ’n organisasie sonder winsbejag, is 12 jaar gelede gestig. Kinderland-akademie lei onderwysers by kleuterskole op, veral in minder gegoede gemeenskappe, en het vanjaar al 300 mense opgelei. Smith het sy boek Waardes vir kleintjies en kleuters aan die VLV-lede bekendgestel. Dié boek is ’n hulpmiddel vir ouers en onderwysers en in die 40 kort stories en rympies word, onder meer, waardes soos dankbaarheid, respek, eerlikheid, liefde, goeie maniere, gehoorsaamheid en samewerking bespreek. Elke storie het ’n volblad kleur-illustrasie. Smith werk aan ’n nuwe boek, Anderkant 65, wat alle aspekte van aftrede bespreek.

Bel Kinderland by 083 457 4230 of Corrie Fogwell (VLV) by 083 270 8374.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article