Die Mount Pleasant-veerpyltjieklubtoernooi is onlangs gehou. Francois de Villiers (regs) was die wenner, Thurston Visser was vierde, Matthew Petersen derde en William Lukas tweede.


Die Mount Pleasant-veerpyltjieklub het onlangs ’n opwindende toernooi aangebied, waaraan 15 mans en een vrouespeler deelgeneem het.

“Die 16 spelers was in twee groepe van agt verdeel. Elke groep se spelers moes as ’n individu aan ’n mini-dubbel-uitskakeltoernooi in elke groep meeding om sodoende die wenners en naaswenners in elke groep te bepaal,” het Clark May verduidelik. “Die wenner en naaswenners het dan bepaal wie in die halfeindronde sou meeding. Die toernooi se formaat was die alombekende 501- beste uit vyf potte, maar elke speler wat twee keer aan die verloorkant was, is dus prontuit uitgeskakel.”

Groep A se wenner was Francois (Sweis) de Villiers terwyl William (Gurki) Lukas die naaswenner was. Matthew (Mewas) Petersen was die Groep B-wenner en die naaswenner was Thurston (Unruly) Visser.

Die twee naaswenners het in die halfeindronde kans gekry om sake uit te spook om te bepaal wie in die derde en vierde plek sou eindig.

Petersen het Visser met drie bene oor een ore aangesit.

Alle wedstryde was beste uit 5/501, behalwe die eindronde, wat deur die beste uit 7/501 bepaal sou word.

Francois de Villiers is as die onoorwonne kampioen van die toernooi gekroon (4/0).

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article