Lede van die Vrouelandbouvereniging (VLV) se Hermanus-tak het hulle onlangs by die Whale Coast Mall tuisgemaak en breiwerk vir die World Wide knitting in Public-inisiatief gedoen. Talle lede en van hul vriendinne het heerlik saamgekuier en blokkies gebrei vir die gemeenskapsprojek “Blokkies vir ’n kombers”. In die proses om sommer ekstra blootstelling vir die VLV van Hermanus te gee, is die organisasie se vaandel ook vertoon. Dit was ’n heerlike gesellige oggend waar almal kon dien te midde van ’n heerlike saamkuier. “Die projek is steeds aan die gang en ons brei nog ’n jaar lank. Ons vroue is besig om die winterkoue met ons vingers te verdryf deur die breipenne te laat klap en die bolle wol te laat rol,” het die woordvoerder gesê.
VLV se breinaalde doen die werk
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.