Om Vrouemaand te vier het die Caledon-museum, in samewerking met die Drostdy-museum in Swellendam, ’n interessante uitstalling van Victoriaanse uitrustings.
Die museum nooi alle belangstellendes, veral vroue, om na hierdie uitrustings uit toeka se dae te kom kyk. Uitstallings wat betrekking het op vroue is ’n goeie aanduiding van die vordering wat gemaak is ten opsigte van vroueregte.
Deur die geskiedenis van vroue te bestudeer, kan ’n bevorderlike omgewing geskep word wat vroue bemagtig om beheer oor hulle lewens te neem.
Omdat die materiaal van hierdie uitrustings oud en broos is, word dit in die ou Vrymesselaarslosie van die museum uitgestal, waar dit nie aan sonlig blootgestel is nie.
Die uitstalling kan tot 31 Augustus besigtig word by die Caledon-museum in Konstitusiestraat.





