Ongeveer 30 kinders van Hawston het vet pret gehad toe hulle vir ’n dag deur SA Water Bikes by die Fisherhaven-waterfront bederf is. Alvaria Mento, stigter van die God’s Little Angels’ Moms, sê SA Water Bikes het hulle genader om die uitstappie vir die kinders te reël nadat ’n berig oor die organisasie se Kerspartytjie vir minderbevoorregte sowel as kinders in pleegsorg in die Hermanus Timesverskyn het. Mento het SA Water Bikes bedank vir die voorreg om aan die opwindende aktiwiteit deel te neem sowel as die heerlike ete wat voorsien is. Quintin Richards, die eienaar van SA Water Bikes wat ook ’n tak in Hermanus het, sê dit was ’n absolute plesier om die vreugde op die kinders se gesigte te sien. “Ons is baie gemeenskap-georiënteerd en wou die kinders die geleentheid gee om wat ons bied, te geniet. Daardie groep ma’s doen wonderlike werk en ons sal hulle graag in die toekoms wil ondersteun,” het hy bygevoeg. Enigeen wat by die God’s Little Angels’ Moms-organisasie betrokke wil raak of skenkings vir die organisasie wil gee, kan Alvaria by 082 708 8696 kontak.
Vet pret op waterfietse
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.