Beyond Black Mountain (BBM), ’n organisasie wat hom beywer om die Caledon-omgewing as toeristeaantreklikheid te bevorder, het Donderdag 6 April ’n bewusmakingsveldtog saam met die Theewaterskloof-munisipaliteit en die verkeersafdeling gehou om mense oor padveiligheid en dié omgewing in te lig. Volgens Romeo Hendricks, die waarnemende hoof van die verkeersafdeling in Theewaterskloof, wou hulle nie net padgebruikers in die omgewing verwelkom nie, maar ook padveiligheid bevorder. “Caledon is die hoofdeurgang na ander dorpe in die Overberg-distrik en dis vir ons ’n eer om besoekers in ons mooi omgewing te verwelkom. Ons wil hulle egter verseker dat ons ’n beleid van geen verdraagsaamheid volg teen diegene wat nie by die padreëls hou nie,” het Hendricks gesê. Dié bewusmakingsveldtog is oor die hele Theewaterskloof-munisipale gebied gehou. Romeo Hendricks (links) saam met Martin en Janneke Schreder van Gordonsbaai, wat na Gansbaai op pad was. Sonja Maree (BBM), Neal van Wyk (verkeersafdeling), Lizël Kimber (BBM) en Jenny Swartz (wetstoepassing) het ook die padgebruikers verwelkom. Foto: Mitzi Buys


Vakansiegangers só in die Overberg verwelkom

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article