Die Hermanus-polisie, buurtwagte en sekerheidsmaatskappye in Vermont het net weer eens gewys dat samewerking van kardinale belang is.
Op 28 Maart het die polisie twee verdagtes vir ondervraging na die polisiekantoor geneem nadat ’n kamera-operateur buurtwagte en sekerheidsmaatskappye ingelig het dat twee verdagtes deur die natuurreservaat na Hawston op pad is. “Die verdagtes het duidelik nie geweet dat hulle dopgehou word nie en was verbaas toe van die beamptes hulle voorgelê het. Nadat die beamptes hulle deursoek het, is daar elektroniese toerusting in hul besit gevind,” het Marius Boshoff, takbestuurder van Fidelity ADT gesê.
Die verdagtes is aan die polisie oorhandig vir verdere ondersoek. Die veiligheid in die Onrus-Vermont-omgewing word gedek deur Onrus Vermont SRA NPS, Fidelity ADT, AfriForum-Alfa-buurtwag, OnVerWag-buurtwag, beskermingsdienste en die Hermanus-polisie.





