Altesaam 75 sakke met 9 398 eenhede perlemoen is in die Porsche Cayenne en die sleepwa gevind.


Twee mans van Gansbaai is in verband met die onwettige besit van meer as ’n ton perlemoen met ’n geraamde waarde van R3,3 miljoen in die Oos-Kaap in hegtenis geneem.

Frank Barends (51) en Mannetjie Kerneels Chaka (48) van Gansbaai het Donderdag 4 Mei op aanklag van die onwettige besit van perlemoen in die hof verskyn nadat hulle Dinsdag 2 Mei naby Graaff-Reinet in die Oos-Kaap aangekeer is.

Kol. Priscilla Naidu, die Oos-Kaapse provinsiale polisiewoordvoerder, het laat weet die Cookhouse-polisie het omstreeks 19:00 inligting ontvang van ’n Porsche Cayenne met ’n sleepwa en ’n blou Toyota Camry, wat ’n onwettige besending perlemoen op die R75 vanaf Kariega in Graaff-Reinet se rigting vervoer.

Volgens Naidu het die polisie die Camry voorgekeer, maar die Porsche Cayenne Turbo het in die rigting van Graaff-Reinet weggejaag.

“Polisiebeamptes van Graaff-Reinet het die pad blokkeer. Toe die insittendes van die Porsche die blou ligte gewaar, het hulle uit die voertuig gespring en op die vlug geslaan.”

Barends en Chaka, wat in die Camry met ’n CEM-registrasienommer gereis het, is in hegtenis geneem. Die ander verdagtes is steeds op vrye voet.

Die polisie het beslag gelê op die Toyota Camry en die Porsche en sleepwa sowel as altesaam 9 398 eenhede perlemoen wat in die Porsche en sleepwa gevind is.

Barends en Chaka het verlede week op aanklagte van die onwettige besit van perlemoen en die onwettige vervoer van perlemoen in die landdroshof in Graaff-Reinet verskyn. Albei bly in aanhouding tot hul formele borgtog­aansoek, wat Donderdag 11 Mei plaasvind.

Dit is nie die eerste keer dat Barends en Chaka in verband met perlemoen agter tralies beland nie. Hulle is in 2011 saam met meer as 20 ander, onder wie polisiebeamptes, deur die Valke in hegtenis geneem in wat as die grootste slag teen perlemoenstropery bestempel is. VVervolg op bl 3.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article