Lt.kol. Gustav Tamboer, die Bredasdorp-polisie se stasiebevelvoerder, het ’n dringende waarskuwing aan die gemeenskap uitgereik om nie gesteelde goedere te koop nie. Dit volg nadat ’n 52-jarige inwoner van Kassiesbaai in Arniston verlede Woensdag (26 April) in hegtenis geneem is toe vermoedelik gesteelde goedere ter waarde van ongeveer R15 000 in sy besit gevind is. Volgens Tamboer het die misdaadvoorkomingseenheid en speurders ’n lasbrief bekom nadat hulle inligting ontvang het oor vermoedelik gesteelde goedere by ’n huis in Arniston. “Die lasbrief is uitgevoer en die lede het op die vermoedelik gesteelde goedere beslag gelê. ’n Man is op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde goedere in hegtenis geneem,” het Tamboer gesê. “Speurders is besig met verdere ondersoek om vas te stel aan wie die goedere behoort. Hulle het reeds vasgestel die mense wat na bewering die gesteelde goedere verkoop het, is reeds in verband met ander sake in hegtenis geneem.” Tamboer het die gemeenskap bedank vir hul vertroue in en samewerking met die polisie. “Ons wil die publiek net daarvan bewus maak dat dit ’n oortreding is om gesteelde goedere te koop. Indien jy jou hieraan skuldig maak, kan jy in hegtenis geneem word en ’n misdaadrekord hê,” h


Tjoekie toe nadat hy gesteelde goedere koop

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article