The Colour Box in Gansbaai is ’n trotse familiebesigheid waar klantediens van groot belang is. Hier is (voor) Wouter Vosloo en Melanie Herselman en agter Salmon Herselman, Mikayla Herselman en Filipe Nhachungue.


Hulle is al vir 18 jaar ’n huishoudelike naam in Gansbaai en sonder twyfel die plek waar menige inwoner gaan as hulle vrae het rakende die beste verf, wenke oor verskillende verftegnieke en ook die goedkoopste pryse – om dan nie eens te praat van die goeie klantediens wat jy hier kan ontvang nie.

The Colour Box in Gansbaai is ’n trotse familiebesigheid waar klantediens van groot belang is. Hier is (voor) Wouter Vosloo en Melanie Herselman en agter Salmon Herselman, Mikayla Herselman en Filipe Nhachungue.

The Colour Box in Gansbaai het sy 18de verjaardag in September gevier en volgens Melanie Herselman, ’n mede-eienaar van The Colour Box, is dit ’n groot mylpaal. “Salmon, ’n mede-eienaar, was eers deel van Jimmy’s Paints in Hermanus en het in 2000 ’n tak in Gansbaai oopgemaak. Toe ons die geleentheid kry om dit in 2005 te koop, het ons dit met ope arms aangegryp, en ons is glad nie spyt oor ons besluit nie,” vertel sy.

Volgens haar was dit nie altyd maanskyn en rose nie en soms het hulle maar harde bene gekou, maar soos Melanie dit stel: “Een van die suksesresepte van The Colour Box is harde werk, regte raad en lang ure. Salmon is bekend vir die feit dat hy uit sy pad sal gaan om klante te help. Ons probeer ook om klante te help deur probleme op te los eerder as om net te verf.”

The Colour Box is ’n familie-onderneming en dis ook een van die redes waarom hulle so suksesvol is.

“Familie is belangrik en ons is trots op dit wat ons opgebou het. Ons word geken as ’n familiebesigheid en ons klante weet hulle het die vrymoedigheid om ons enige tyd te kontak met vrae en raad. Dis veral Salmon wat daar is vir die klante. Hy los eerder probleme op as om net te verf, soos byvoorbeeld om seker te maak die mure is droog. Die voorbereiding van die oppervlakte is baie belangrik en Salmon sal ook altyd die beste raad gee vir die beste verf vir die oppervlak.”

Melanie lag toe sy vertel dit is Salmon wat die winkel so uniek maak. “Hy is die kern waarom alles draai en die winkel sal nie dieselfde wees sonder hom nie.” Vir nog inligting oor The Colour Box kontak 084 609 7777 of besoek hulle by Hoofstraat 58, Gansbaai.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article