Tannie Louis geniet ’n snytjie van haar verjaardagkoek.Foto’s: Mitzi Buys


As ’n mens geseënd is om 92 jaar oud te word, mag ’n mens maar op jou verjaardag bederf word, en dít is presies wat ’n groepie vriende gedoen het toe hulle Tannie Louis Kinniar met ’n besoek op haar verjaardag verras het.

Tannie Louis, soos almal Louisa Kinniar van Caledon noem, geniet nog goeie gesondheid en met ’n vonkel in haar oog en ’n groot glimlag gesels sy heerlik met almal en vertel ’n paar staaltjies uit haar jonger dae.

Retha Skein, Gerhard van Wyk (Caledon-biblioteek), Marlon Sauls (Caledon-museum), Netta Frans, Loren Arends (PnP) saam met Edna Vashu, Hermien Sauls en Maria Claassen (al drie van Oase Dienssen­trum). Danie Gunter van Pick n Pay sit voor langs Tannie Louis.

Almal het behoorlik gesmul aan die heerlike koek wat Pick n Pay in Caledon spesiaal vir Tannie Louis gebak het. Retha Skein, Caledon se bekende “koeksister-kwien”, het ’n groot bak koeksisters gebring en Caledon Spar het die koeldrank voorsien..’n Onderhoud deur Hermanus Times oor Tannie Louis se vol en interessante lewe sal in ’n later stadium gepubliseer word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article