Alexander Janse van Rensburg, Elza de Kock en Suzanne Pretorius van Hoërskool Bredasdorp het op 29 en 30 Januarie aan die Cape Town Aquatics vlak 2- en 3-gala, wat by Generations in Somerset-Wes plaasgevind het, deelgeneem. Hulle het uitstekend gevaar. Janse van Rensburg (vlak 3) het twee goue medaljes gewen, De Kock (vlak 3) een silwermedalje en twee brons en Pretorius (vlak 2) het drie goud en 1 silwermedalje verower. Die skool is baie trots op dié leerders en wens hul sterkte vir die res van die swemseisoen toe.
Swemmers ryg medaljes in
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.