Die landloop-seisoen het amptelik begin met die eerste proewe wat op 17 April in Caledon gehou is.
Swartberg Primêr het ’n span van 30 atlete tussen die ouderdom van nege en 14 jaar vir dié proewe ingeskryf. Die afrigter, Deidre Michaels, beter bekend as Coach D, noem aan Hermanus Times dat al die atlete goed gevaar het. Tydens die tweede ronde, wat op 8 Mei in Hawston plaasgevind het, het die atlete besonder goed gevaar en ’n tweede en vierde plek is verower.
Al die atlete sal aan nog drie verdere ligabyeenkomste deelneem. Ná die distrikskampioenskap word die topagt-atlete van alle deelnemende spanne gekies om aan die Boland-kampioenskap deel te neem.





