Die plek in Kwaaiwater, Hermanus, waar die 63-jarige Markus Jooste homself die afgelope Donderdag (21 Maart) geskiet het. Jooste het op 20 Maart die nuus ontvang dat die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA) hom met R475 miljoen beboet weens die ongerymdhede by Steinhoff. Jooste het glo aan sy vrou gesê hy gaan ’n entjie stap, waarna hy homself geskiet het. ’n Stapper het op die gewonde Jooste afgekom en paramedici dadelik gekontak. Jooste is op pad na die Mediclinic Hermanus dood. Foto’s: Martin Etsebeth


Stille getuienis van Markus Jooste se laaste oomblikke

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article