Die natuurreservate in die Overstrand is gesluit tot verdere kennisgewing.


Met die vakansie wat aanbreek en mense wat na Hermanus stroom vir die Walvisfees, wag daar slegte nuus.

Die staproete in die Overstrand is gesluit ná die onlangse oorstromings wat die Wes-Kaap getref het.

“Die Fernkloof- en Kleinmond-natuurreservate het modderstortings gehad en dié stortings asook die water wat van die berge afloop het skade aan die staproetes gerig,” het die munisipale bestuurder van die Overstrand-munisipaliteit, Dean O’Neill gesê.

Die natuurreservate sal volgens O’Neill gesluit bly tot verdere kennisgewing. “Die veldwagters sal eers die skade moet bepaal voordat ons die reservaat weer vir die mense kan oopstel,” het O’Neill gesê.

Volgens hom moet die mense weet as hulle die reservate betree, doen hulle dit op eie risiko en die Overstrand-munisipaliteit kan nie aanspreeklik gehou word vir enige beserings nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article