Julandy Bothma van Little Miracle Hands met die pop wat sy as prys geskenk het.


Die ACVV se Protea-dienssentrum in Caledon het onlangs ’n welkome hupstootjie gekry toe ’n weldoener looitjieverkope van stapel gestuur het om ekstra geld in te samel.

By dié dienssentrum kom ouer mense, wat nog onafhanklik in Caledon woon, gereeld bymekaar vir verskeie aktiwiteite, maar nes so baie ander dienssentrums, moet hulle gereeld geldinsamelings hou om subsidies aan te vul.

Marlene Rousseau, bestuurder van die Protea-dienssentrum, sê hulle was baie bly toe Julandy Bothma van Little Miracle Hands, wat pragtige, lewensgetroue handgemaakte babapoppe maak, aangebied het om lootjieverkope per WhatsApp vir hulle te doen, met een van dié poppe as prys. “Hoewel Julandy nie in Caledon woon nie, lê die Protea-dienssentrum haar na aan die hart,” sê Rousseau. “Ons is opreg dankbaar vir hierdie gebaar, wat ons baie gaan help.”

Die gelukkige wenner van die besondere pop was Landy Godla van Bellville.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article