Die Safcol- en die Caledon-rugbyklubs het Saterdag in Grabouw kragte gemeet. Van die begin af het Safcol die oorhand gehad en vroeg in die wedstryd 10-6 voorgeloop. Maar dit was uiteindelik ’n naelbytstryd en Saffies het net-net 23-20 gewen. Die ander spanne van die Grootuitdaag-reeks van die Overberg se tellings is soos volg: Riviersonderend vs. Grabouw (30-31), Hawston vs. Botrivier (29-19), Bredasdorp vs. Kleinmond (25-29) en Genadendal vs. Black Leaves (30-23) Foto’s: Mariëtte Strydom
Saffies wen net-net
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.