SAFFIES DOEN DIT WEER! Safcol-rugbyklub van Grabouw doen dit toe weer. Die span wat die Overberg-toernooi in Caledon vroeër vanjaar gewen het en ook die Boland-Grootuitdaag-kampioen is, het die afgelope naweek aan die Paastoernooi in Saldanha deelgeneem en is vir die tweede jaar agtereen as die wenners van die toernooi aangewys. Saffies het die spanne van Velddrif en Saldanha geklop en toe in die eindstryd teen die SWD-klubkampioenspan Groot Brakrivier te staan gekom en 20-10 gewen. In die Matzikama-Paastoernooi het Hawston Skrik vir Niks in die eindstryd teen Young Stars van Kaapstad gespeel en 34-22 gewen. Foto: Bernadette Louw Photography (084 680 7736)
Saffies doen dit weer!
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.