Hawston se A-span het sy teenstanders van Genadendal 56-15 kafgedraf. Skrik vir Niks se B-span het ook van die tuisveldvoordeel gebruik gemaak om Genadendal 28-15 te wen terwyl die C-span 7-5 oor Genadendal geseëvier het. Atlantics het op sy tuisveld teen Botrivier kragte gemeet. Die A-spanne het gelykop geëindig, Atlantics se B-span het 22-17 geseëvier en die C-spanne ook gelykop. Rangers van Bredasdorp het op Bredasdorp teen Safcol van Grabouw te staan gekom. Die tuisspan het al drie wedstryde gewen. Rangers se A-span het Safcol 23-0 geklop, die B-span het 5-0 gewen en die C-span het 18-5 geseëvier. Black Leaves het weg teen Caledon gespeel. Die besoekers se A-span het 13-50 verloor. Caledon se B-span het 13-8 gewen en die C-span het sy teenstanders van Black Leaves 19-12 geklop. Hierdie naweek (Saterdag 28 Mei) speel Rangers op Hawston teen Skrik vir Niks, Caledon reis na Grabouw vir sy wedstryd teen Safcol, Atlantics speel in Gansbaai teen Black Leaves en Genadendal meet op sy tuisveld kragte teen Kleinmond. Grabouw en Botrivier het hierdie naweek ’n loslootjie.Foto: Bianca Du Plessis
Rugby seëvier oral
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.