Raakrugby floreer die Desember op die strande van die Overberg.


Die gewilde Six Gun Grill Hot Summer of Touch-reeks is nou halfpad en met 200 geregistreerde spanne is dit nou Score Forward Legends en Team Composure lyk of hulle die gunstelinge is in die professionele afdeling. Die kompetisie is in vier afdelings verdeel – die Pro-afdeling, die Uitdaagreeks, die Junior afdeling en die ope kompetisie. 

Score Forward Legends het die eerste titel van vanjaar se kompetisie in Kampsbaai gewen. Team Composure het ‘n week later op 11 Desember in Macassar gewen en vir Score Forward Legends in die eindstryd geklop. Die kompetisie in die Strand op 16 Desember was baie taai met Score Forward Legends, Friedlander Warriors, Team Composure en Liberty Web Samurais wat almal vir die halfeindstryd gekwalifiseer het, maar dit was toe Score Forward Legends wat die wa deur die drif getrek het.

Op 18 Desember in Kleinmond is die bordjies verhang en Team Composure het die dag koning gekraai. 

Vrydag speel die spanne in Struisbaai, op 26 Desember in Stilbaai, 28 Desember in Diaz-strand en die eindstryd van die reeks vind op 30 Desember in Hartenbos plaas.  

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article