Lede van die Napier-polisie se misdaadvoorkomingseenheid het verlede week ’n groot slag geslaan toe hulle twee verdagtes in hegtenis geneem en op perlemoen met ’n geraamde straatwaarde van ongeveer R500 000 beslag gelê het. Adjudant-offisier Cobus Jafta, die waarnemende stasiebevelvoerder, sê die lede het Vrydag 21 April inligting ontvang oor ’n voertuig wat perlemoen van Bredasdorp se rigting af vervoer. “Die lede het die voertuig voorgekeer en by nadere ondersoek gevriesde perlemoen agterop die vragmotor gevind. Die polisie het op ongeveer 900 eenhede ontskulpte perlemoen beslag gelê. Twee verdagtes het Maandag 24 April op aanklag van die onwettige besit van perlemoen in die Bredasdorp-landdroshof verskyn,” het Jafta gesê.
R500 000 se perlemoen gevind
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.