Kenau Wentzel en dr. Chris van Wyk tydens PSG Hermanus se kliëntesaamtrek.


Tydens PSG Finansiële dienste Hermanus se kliëntesaamtrek, wat verlede Donderdag gehou is, het hulle weer soos voorheen bekende sprekers gehad wat jou inlig oor die ekonomiese toestande van Suid-Afrika.

Volgens Hannes Smuts, die bestuurder van PSG Hermanus, is dit ’n baie goeie beleggingstydperk in Suid-Afrika. “Dit is nie net die beleggingsgeleenthede in Suid-Afrika wat met die hoër rente goed lyk nie, maar die plaaslike beurs is ook op ’n goeie plek,” het hy gesê.

Met die tema van die dag, “lesse en geleenthede”, het die bekende skrywer van die boeke Kasinomics, GG Alcock, gaste meer ingelig oor die ekonomiese groei in die informele nedersettings.

Alcock het in KwaZulu-Natal grootgeword, waar sy ouers deel was van die “struggle”.

Daar het hy nie net meer oor die Zoeloe-kultuur geleer nie, maar ook later oor hoe die ekonomie in die informele nedersettings werk.

Die ander spreker, Radhesen Naidoo van Alan Gray, het die gaste meer ingelig oor beleggingsgeleenthede.

Vir PSG Hermanus is dit belangrik om sulke geleenthede vir hul kliënte aan te bied om hulle nie net in te lig oor die nuutste beleggingsgeleenthede nie, maar ook om hoop in die moeilike tye te gee.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article