Die ACVV-Protea-dienssentrum in Caledon het ’n vrolike en baie suksesvolle basaar gehou. Soos dit by enige basaar hoort, was daar heerlike eetgoed, vars produkte asook ’n witolifanttafel met interessante snuisterye. Marlene Rousseau, bestuurder van die Protea-dienssentrum, het alle skenkers, ondersteuners en almal wat so hard gewerk het om die basaar, die eerste ná die Covid-pandemie, so suksesvol te maak, bedank. “Dankie ook aan ons Hemelse Vader vir Sy genade en hulp,” het Rousseau gesê. Julene van Dyk, Rohna Hugo, Sannie de Swart, Marlene Rousseau en Kittie Vermeulen was by die witolifanttafel.Foto: Mitzi Buys


Proteasentrum hou lekker basaar

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article