Die bekende kunstenaar Pieter Vermaak se kunswerke is alombekend.
Nie net word die Onrus-inwoner se werke as uniek en gesog geken nie, maar hy is ook ’n kunsonderwyser wat sy studente meer touwys maak oor die nuutste tegnieke en style. Vermaak is veral bekend vir sy moderne kuns en sy kunsuitstallings lok gewoonlik groot belangstelling.
Só ’n uitstalling van, nie net sy werke nie, maar ook die van sy studente word van 26 Augustus in sy tuisdorp, Onrus gehou.
Die kunsuitstalling beloof weer om iets besonders te wees en Vermaak vertel die uitstalling word op 26 Augustus om 11:00 deur Marica Otto geopen.
Die adres is Sherwoodstraat 11, Onrusrivier en die uitstaldatums is van 26-30 Augustus van 09:00-17:00.
Vir nog inligting, bel Vermaak by 082 460 2959.





