Dit is ’n hoogtepunt op menige inwoner en vakansieganger se kalender en landwyd word nou al gepraat van die Hermanus-Passiespel. Vanjaar word dit op 29 Maart die 26ste keer by die Ou Hawe opgevoer. Kom wees deel van meer as 2000 jaar gelede toe ons Verlosser Sy lewe vir ons afgelê het sodat ons die ewige lewe kan hê. Die voorprogram begin om 18:00 en die Passiespel om 20:00. Kaartjies kos R150 en is by Computicket te koop.


Passiespel weer hoogtepunt

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article