Die Overberg gaan eersdaags gons met die eerste Outdoor & Overlanding Expo by die Elgin-buiteklub in Grabouw.


Die Overberg gaan eersdaags gons met die eerste Outdoor & Overlanding Expo by die Elgin-buiteklub in Grabouw.

Dié buitelug-en-veldryskou is ’n nuwe jaarlikse geleentheid en word van Vrydag 3 tot Sondag 5 November aangebied.

Die Grabouw-buitelug-sportklub bied ’n uitstekende venue om die Wes-Kaap se nuutste opelug-avontuurgeleentheid met alles oor die buitelug- en 4×4-lewe te bied, insluitend ’n verskeidenheid uitstallers, ’n groot kindervermaakgebied, kamptoerusting, 4×4-voertuie, sleepwaens, woonwaens en veldrywoonwaens, 4×4-bykomstighede en -toerusting, veldry-ekspedisies, braaitoerusting, kosverkopers, ’n bier- en boetiek-jenever-tuin, binnenshuise wyn- en kaasproe, ’n sigaar- en whisky-sitkamer, en baie meer. Saterdag-pretaktiwiteite sluit in ’n kans om jou geluk by die “Crank-start the Series Landy” te probeer, waar deelnemers ook die spaarwioel op die neus moet afhaal en weer terugsit terwyl die stophorlosie tik.

Eienaars van 4×4-voertuie kan kan die Grabouw-4×4-roete Vrydag, Saterdag of Sondag aandurf (tans nog toe weens ernstige skade ná die onlangste oorstromings).

Die venue bied oorgenoeg parkeerplek vir sowat 3 000+ dagbesoekersvoertuie, asemrowende uitsigte, ‘n groot en gelyk uitstaller-ruimte en binnenshuise kaas- en wynproe.

Die hooffokus van die Outdoor & Overlanding Expo is op gesinspret en vermaak van mense wat ’n buitelug- en oorland-leefstyl leef, hetsy met of sonder hul eie 4×4-voertuig – ‘n groot verskeidenheid gebruikte veldvoertuie, sleepwaens en woonwaens sal ook uitgestal wees.

Dagbesoekers kan op die webwerf www.lrclassic.com bespreek en betaal of hul kaartjies by die hek kry. Koop asseblief jou kaartjies aanlyn om ’n opeenhoping by die ingangshek te vermy.

Naweekkampeerplekke is beskikbaar en moet ook op www.lrclassic.com bespreek word.

Dagbesoekerskaartjies wissel van R20 tot R50 per persoon per dag. Naweekkampeer vir Vrydag- en Saterdagaand kos R250 per persoon. Kampeerplekke is beperk – bespreek dus vroegtydig.

Die Outdoor & Overlanding Xpo is oop vir die publiek vanaf Vrydag 3 November (12:00 tot 18:00), Saterdag van 08:00 tot 18:00, en Sondag van 08:00 tot 15:00.. Uitstallers en verkopers wat in die skou belangstel, kan ’n e-pos-navraag stuur na andre@lrclassic.com of klik op die uitstaller / verkoper skakel op die webwerf www.lrclassic.com en die aansoekvorms voltooi.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article