Die Botrivier-marimba-orkes, wat in 2012 begin is, maak die Overberg baie trots. Dié orkes het ’n nederige bestaan gehad – 13 leerders van Botrivier Primêr het destyds weekliks na Kleinmond vir afrigting gereis. Daarna het die orkes net van krag tot krag gegaan en vandag bestaan dit uit leerders van verskillende skole. Verlede maand het hulle ook gewys waarom hulle so gesog is en op televisieprogramme soos Fiëstaen Espresso Morning Live te sien was. Hulle het tydens die Symphonia-nasionale skole-orkesfees en -kompetisie in George ’n cum laude ontvang nadat hulle teen skole soos Afrikaanse Hoër Meisieskool en Hoërskool Waterkloof van Pretoria deelgeneem het. Volgens Florence de Louw, ’n woordvoerder van die orkes, geniet die kinders die orkes baie en leer die ouer kinders die jongeres baie.
Orkes van krag tot krag
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.