’n Rekordgetal van 13 leerders van Hoërskool Bredasdorp is in die onderskeie Boland-onderwaterhokkiespanne ingesluit wat vanjaar vanaf 29 Maart tot 1 April aan die junior nasionale onderwaterhokkietoernooi in Helderfontein, Gauteng, gaan deelneem. Die skool het al die spelers met hul prestasie geluk gewens, in besonder vir Hugo Pretorius wat gekies is as die o.15A-kaptein en Harold de Wet wat gekies is as die o.19A-kaptein. Agter is Somé Louw (o.19B), Liam Engel (o.19A), Harold de Wet (o.19A, kaptein), Lohann Fourie (o.19A), Elza de Kock (o.19A) en Philip Fick (o.15A). Voor is Kevin Goliath (o.19A), Hugo Bester (o.15A), Jessica Burger (o.15A), Hugo Pretorius (o.15A, kaptein), Anna Pretorius (o.19A) en Suzanne Pretorius (o.19B). Regs: Francois Steyn is ook in die o.15A-span opgeneem.
Op pad na nasionale toernooi
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.