Die kleuters met hul nuwe mussies wat hulle met groot opgewondenheid en vreugde aangepas en gedra het. Die personeel van die Sonskyn-kleuterskool saam met die lede van die Oase Dienssentrum is Sharol Kies, Michaela Swart, Marchalene Baird en Maryna Klein van Sonskyn-kleuterskool en Oase-lede Edna Vashu, Johanna Witbooi en Nellie Hoffman.Foto: Mitzi Buys


Die vroue van die Oase Dienssentrum was die afgelope ruk fluks besig om mussies vir kleuters te brei.

Hulle het die harte van meer as 50 kleuters op ’n koue, reënerige dag verbly tydens hul besoek aan die Sonskyn-kleuterskool in Vleiview, Caledon. Die kleuters het nie net lekker warm mussies en peuselhappies gekry nie, maar het na stories geluister, liedjies gesing en heerlik gelag en gekuier. Talle gebreide beertjies is ook oorhandig om in die klaskamers te hou.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article