Om Vrouemaand te vier het die vrouepersoneel van Caledon se korrektiewe dienste Woensdag 2 Augustus die Oase-dienssentrum in Bergsig besoek. Die vroue van Oase is omtrent gepamperlang met skouermasserings, manikure en pedikure en sommige gelukkiges se hare is selfs gedoen. Voor die pamperlangsessie het die vroue van die korrektiewe dienste ’n pragtige sangitem gelewer. Die breë glimlagte op almal se gesigte was ’n bewys van hoe geslaagd hierdie besondere oggend was. Desiree Ess se hare word hier gedoen deur Faren Ruiters, Phumza Mbolo en Priscilla Schfoor.Foto: Mitzi Buys


Augustus is Vrouemaand en dit is ’n gulde geleentheid om alle vroue te eer en te bederf.

Dít is presies wat van die vrouepersoneel van Caledon-korrektiewe dienste Woensdag 2 Augustus by die Oase-dienssentrum in Bergsig gedoen het.

Die vroue van Oase is omtrent gepamperlang met skouermasserings, manikure en pedikure en sommige gelukkiges se hare is selfs gedoen. Voor die pamperlangsessie het die vroue van die korrektiewe dienste ’n pragtige sangitem gelewer.

Die breë glimlagte op almal se gesigte was ’n bewys van hoe geslaagd hierdie besondere oggend was.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article