Hy is een van die bekendste speurders in die Overberg en sy hande staan vir niks verkeerd nie – en vriend en vyand het hope respek vir AO Ivan Joubert.
Joubert tree ná 36 diens af en sê hy verwelkom die rus. ’n Afskeidsgeselligheid is einde Januarie vir die gerespekteerde speurder gehou.
Joubert het op 3 November 2012 by die Napier-polisie se deure ingestap nadat hy van Stilbaai oorgeplaas is en vir langer as 10 jaar diens in die dorp gedoen het.
Die waarnemende stasiebevelvoerder, AO Cobus Jafta, het Joubert bedank vir sy diens en gesê hy moet sy aftrede baie geniet.
Joubert se kollega speursersant Hayward Lewis het ’n kort huldeblyk oor Joubert gelewer.





