Die vyfde Nampo Kaap het Saterdag in Bredasdorp ten einde geloop en net soos voorheen het dit weer ’n rekordgetal besoekers gelok. Nie net het die weer vanjaar mooi saamgespeel nie, maar daar was ook meer uitstallers wat ’n groter verskeidenheid produkte aan die publiek bekendgestel het. Dit is die tweede jaar dat die Suid-Afrikaanse Lipizzaners die skougangers vermaak het en net soos verlede jaar was dit ’n hoogtepunt op die program. Die jeugskou en die blomme-uitstallings was net so gewild.Foto: Mariëtte Strydom


Nampo op galop

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article