Die N2 is nou veiliger danksy die gemeenskap wat ingegryp het.


Dit is net weer eens ‘n bewys dat waar ‘n gemeenskap saam staan, misdaad aansienlik afneem.

Die Hermanus Times het onlangs berig oor die klipgooiery by Grabouw en wat baie padgebruikers in vrees gelaat het. Daar is ook al voorheen berig oor die beeste op die N2 en dat mense op die N2 beroof word as hulle dalk daar gestrand is. Met die vakansie met ons, het menige padgebruiker sy bekommernis uitgespreek oor die toestand van die N2 en is hulp van owerhede ingeroep om die situasie te help onder beheer bring.

Maar nog niemand het die moeite gedoen om te help nie en daarom het die gemeenskap, onder leiding van die GPF besluit om in te gryp. David Williams van die GPF het berig dat vandat hulle die N2 die afgelope 10 dae te voet patrolleer, is daar nog geen voorval van klipgooiery aangemeld nie. “Ons patrolleer die N2 te voet en het een voertuig wat roetinepatrollies ry. Ons patroleer dit deur die nag om te verseker dat die padgebruikers veilig is. Een motor wat met ‘n klip gegooi word, is een te veel. Ons sal alles probeer doen om die tendens hok te slaan.” het Williams in ‘n skrywe gesê.

Williams vertel verder dat hulle almal vrywilligers is wat patrollie doen en aangesien hulle deur die nag werk kan enigeen hulle help met skenkings soos energiedrankies of selfs ‘n geldelike skenking. Vir nog inligting, bel Williams by 071 921 1515.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article