Musiekproduksies was nog altyd ’n integrale deel van die Hermanus-Kalfiefees, en vanjaar is geen uitsondering nie..Hartkamer: Ná vier jaar stel Jak de Priester ’n nuwe album bekend. Hy het sy ateljee onder sy huis in Somerset-Wes omgeskep in ’n intieme, kreatiewe ruimte waar hy sy liedjies skryf en gereeld laataand-optredes vir ’n gehoor van 20 mense aanbied – vandaar die titel. .Neil Sandilands en die Band Land en Sand: Die Emmy-benoemde akteur en Sama-benoemde musikant Neil Sandi­lands toer weer die land plat saam met sy raakvat-orkeslede Schalk Joubert, Frank Freeman en Ronan Skillen..Koor Skouspel met Jannie Moolman. Die bekende tenoor Jannie Moolman, lewer ’n onvergeetlike musiekervaring waar hy saam met drie spogkore van Hermanus gaan optree. .Verhale van ’n Nomade: In dié musiekvertoning neem die pianis, sanger en storieverteller Christof Berg die gehoor op reis deur ’n mistieke sout­plaas in die Vrystaat na die boheem­se kunstenaarsgemeenskap in die Kaap. .Moedersmelk: In egte kabaretstyl vier die Van Niekerk-duo Pierre en Pauli Afrikaanse musiek van toeka tot nou. . Mal oor jou, Suid-Afrika: Die twee TV-aanbieders Frazer Barry (OmmiGhellie en Fiësta) en Lyntjie Jaars (Klop en Oppie Stoep) span kragte saam met die bekroonde Overbergse musiekgroep Tribal Echo deur eg Suid-Afrikaanse stories en staaltjies met oorspronklike volksmusiek te kombineer. .Ver van hier met Anna Davel: As musikant reis ’n mens die land en soms die wêreld vol – partykeer in besigheidsklas op ’n oorsese vlug, of dalk in luukse toerbusse met lugreëling; ander kere is dit stowwerige road trips, oor grondpaaie en kronkelroetes heen. .Gestroop: Niël Rademan sing Afrikaanse volksmusiek en ballades. Hy vervleg dit met Europese liedere en melodieë waarvoor hy bekend is. .Blackbyrd met Tarryn Lamb, Tasché Burger en Natasha Zaaiman. Die musiekgroep BlackByrd is terug met twee nuwe lede! Die oorspronklike lid Tarryn Lamb is steeds daar, maar met die nuwe lede Tasché Burger van The Voice-faam en Natasha Zaaiman van Die Kontrak aan haar sy. .’n Vuur gevang in Glas: Amanda Strydom lewer met hierdie vertoning ’n kragtoer met die werke van haar mentor, Hennie Aucamp, die vader van Afrikaanse kabaret..Doep is nie dood nie:Koos du Plessis se lewe en musiek word gevier in dié huldeblykkonsert met Jannie du Toit.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article