Opwinding oor Kersfees is reeds aan die opbou met die kleinspan wat al begin dink aan wat hulle alles in hul briefies aan Kersvader wil lys. Maar vir talle minderbevoorregte kinders is Kersgeskenke iets waaroor hulle net kan droom aangesien hul ouers dit nie kan bekostig nie.
Die Hermanus Times-span het twee jaar gelede met dié uitdaging in gedagte besluit om die Liefdesboksies-projek bekend te stel. Ons kon met behulp van ons lesers en plaaslike ondernemings se bydraes jong leerders van die Nomzamo-speelskool in Zwelihle se harte bly maak met boksies gevul met noodsaaklikhede soos tandepasta en tandeborsels asook skryfbehoeftes en lekkergoed.
Ná die span se besoek aan Mispah-skool in Elim vir leerders met spesiale behoeftes op Mandeladag, het ons besluit om dié skool die begunstigde van ons projek te maak.
Die skool het 103 leerders – 49 seuns en 54 meisies – van nege tot 18 jaar oud. Die meeste van dié leerders gaan in die skool se koshuis tuis, waar hulle die grootste deel van die skoolkwartale deurbring.
Baie dankie aan al ons lesers wat hul harte en kaste oopgemaak en beddegoed sowel as ander produkte geskenk het om die koshuis in ’n gemaklike tweede tuiste vir die kinders om te skep.
Nou wil ons graag ’n beroep op ons lesers en plaaslike ondernemings doen om die Liefdesboksiesprojek te ondersteun deur ’n skoenboks of bokse met skryfbehoeftes, toiletware, lekkergoed en ’n klein geskenk te vul.
Lesers kan ons kantoor by 028 312 3717 skakel om ’n kind se naam te kies. Ons sal ook die kind se ouderdom verskaf sodat dit makliker is om ’n gepaste geskenk te koop.Hoe om die skoenboks te versier:
Kies ’n stewige skoenboks wat weer gebruik kan word om klein goedjies in te bêre.
Trek die boks sowel as die deksel met kleurvolle papier oor en bind dit toe met lint, tou of ’n rekkie sodra dit gevul is.
Plak die kind se naam op die deksel.
Jy kan ook ’n kort boodskap vir die kind by die boks insluit.
Wat om te pak:
. Tandepasta en ’n tandeborsel. . ’n Koekie seep en ’n waslap. . Skryfbehoeftes, insluitend inkleurpotlode, uitveërs, liniaal, skerpmaker, pennesakkie. . Reukweerder vir die ouer kinders en sanitêre doekies vir tienermeisies. . Slaapkouse (slipper socks).. Lekkergoed.. ’n Speelding (verkieslik iets wat nie batterye vereis nie), haarbykomstighede vir die meisies en ’n pet of bal vir die seuns.
Mense word aangeraai om goed soos sjokolade of enigiets wat dalk kan lek, in ’n plastieksakkie te sit.
Indien lesers nie ’n hele boks met al die benodigdhede kan vul nie, kan hulle individuele items by ons kantoor aflaai. Jy kan ook R180 per boks skenk. Kleiner bedrae is ook welkom.
Alle liefdesboksies moet teen 20 November by Hermanus Times se kantoor in die Birkenhead-kompleks (oorkant Absa in Hoofweg, Hermanus) afgelaai word. Skakel 028 312 3717 tussen 08:00 en 16:00 of stuur ’n e-pos-boodskap na bianca.duplessis@hermanustimes.co.za vir meer inligting.
. Christmas is a time associated with exchanging gifts with loved ones, but for many families gifts are a luxury they can only dream of.
That is why the Hermanus Times team appeals to all our readers and businesses in the Overberg to support our Boxes of Love project. We aim to hand out gifts to the 103 learners of Mispah School for Learners with Special Educational Needs in Elim, most of whom are residents of the school’s hostel.
Please call our office on 028 312 3717 or send an email to bianca.duplessis@hermanustimes.co.za to select the name of the child you would like to bless with a shoebox filled with some essential items such as toiletries and stationery, and also a sweet treat and small gift. You can also opt to sponsor a box at R180 per child or choose to donate a smaller amount.
The Boxes of Love can be dropped off by 20 November at our offices situated in the Birkenhead Building in Main Road, Hermanus (next to the Dutch Reformed Church).
What to pack:
. Toothpaste and a toothbrush.
. Bar of soap or body-wash and a facecloth.
. Educational supplies such as colouring pencils, erasers, pencils, glue sticks, pencil cases.
. Deodorant for the older kids and sanitary pads for teenage girls.
. Slipper socks.
. Cute hair accessories for the girls and a cap or ball for the boys.
. Sweets and a small toy (please refrain from including battery-operated toys).
It is advisable to put items such as blow bubbles or chocolates into a separate bag so that the contents won’t leak and dirty the other items in the box.





