Die o.13-spelers, Mieke Brand, Hanna Thorpe en Sophia Geldenhuys, het brons gewen.


Die Laerskool Hermanus se tennisspelers het gewys waartoe hulle in staat is toe hulle aan die Interdistrikte-tennistoernooi deelgeneem het.

Die toernooi het van 1 tot 3 November plaasgevind en die Laerskool Hermanus se tennisspelers, wat die Boland-Kavaliers verteenwoordig het, het teen die spanne van die Drakenstein (Paarl), Wynland (Stellenbosch) en Eden (Suidwestelike Distrikte) deelgeneem.

Elke o.10- en o.12-speler het elk ses enkelwedstryde, drie dubbels en drie gemengde dubbels gespeel. Die o.13-spelers het vier enkelwedstryde, twee dubbels en twee gemengde dubbels gespeel.

Die o.10-spelers, wat uit Henri van Rensburg, Michael Smook en Jana Giliomee bestaan, het net soos die o.12-spelers goud gewen. Die o.12-spelers is Leam Kühn, Hercu Ackermann, Anje Joubert en Nina Mostert. Die o.13-spelers, Mieke Brand, Hanna Thorpe en Sophia Geldenhuys, het brons gewen.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article