In vandag se moeilike tye waar alles donker lyk, is goeie nuus altyd welkom.

Die Lewende Woord-gemeente in die Overstrand bied twee wonderlike geleenthede aan waar mense die goeie nuus kan ontvang. Rudi Muller tree op 21 Mei by die kerk in Pringlebaai op. Hy is ’n Suid-Afrikaanse gospel-kunstenaar met ongelooflike musiektalent. Rudi stap ’n nou pad met die Here en kan getuig dat God in alles in ’n mens se lewe getrou is. Rudi se passie om die naam van Jesus groot te maak en te dien, is aansteeklik.

Francois Botes bedien die inwoners van die Overstrand op 4 en 18 Junie. Hy bedien oor die wêreld heen by verskillende gemeentes en raak harte met sy musiektalent aan. Hy bedien ook profeties, en dis iets wat ’n mens nie moet misloop nie.

Die kerkdienste begin om 09:30 in die Pringlebaai-gemeenskapsaal. . Vir nog inligting, bel Elsa by 064 582 0243.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article