Deelnemers van die verskillende skole saam met Overstrand-raadslid Ronald Nutt.


Talentvolle leerders van oor die Overberg heen het Vrydag 13 Oktober in Hermanus by die Overberg-streek se jaarlikse Engelse redenaarskompetisie gewys wat in hulle steek.

Die Hermanus-walvismuseum was die gasheer van die verrigtinge wat by die Overstrand se munisipale ouditorium gehou is. Brendell Adams van die walvismuseum en Overstrand-raadslid Ronald Nutt het as fasiliteerders opgetree.

Leerders van Bredasdorp, Swellendam, Caledon, Genadendal en Hermanus het briljante en goednagevorste toesprake oor die belang van museums gelewer.

Zelnita Samuels van Swartberg Sekondêr in Caledon, Alexa Collins van Curro Hermanus en Matthys Lourens van Hoërskool Swellendam is as die topdrie aangewys.

Dié leerders sal op 26 Oktober aan die provinsiale galageleentheid in Worcester deelneem.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article