Personeel van die Caledon-biblioteek lees ’n storie aan leerders van Boontjieskraal Primêr voor.


Vir die afgelope 13 jaar word Wêreld-hardopleesdag jaarliks op die eerste Woensdag in Februarie in meer as 170 lande gevier.

In Suid-Afrika neem veral skole en biblioteke aan hierdie spesiale dag deel. Die doel van dié dag is nie net om kinders geïnteresseerd te kry om self te lees nie, maar deur hardop aan kinders voor te lees help dit ook met die ontwikkeling van sy of haar leesvermoë.

Personeel van die Caledon-biblioteek het op 1 Februarie die boek, ’n Storie vir elke dag, aan 130 leerders van die Boontjieskraal Primêre skool voorgelees.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article