Casey Keet saam met die vyf leerders wat aan die Kunstekaap se kunsfees vir skole deelgeneem het.Foto: Mitzi Buys


Vyf leerders van Swartberg Primêr het onlangs aan die Kunstekaap se Skool-kunsfees deelgeneem.

Casey Keet van Swartberg Primêr vertel aan Hermanus Times: “Ons het van die Kunstekaap se kunsfees vir skole te hore gekom en besluit om vyf leerders vir ’n dans-item in te skryf. Ons moes ’n opsomming skryf oor waarom ons wil deelneem en wat dit vir ons sal beteken, en moes dit saam met ons inskrywing aanstuur. Gelukkig is ons gekies om saam met ander skole aan hierdie geleentheid deel te neem.

“Die meisies het self hul dans gechoreografeer – ek het maar net gemonitor en hier en daar ’n bietjie raad gegee. Die meisies het baie hard gewerk en het elke pouse en ook ná skool geoefen. Hulle het ook self hul uitrustings gekies.”

Swartberg Primêr was die enigste skool wat van so ver gekom het om deel te neem en was een van 16 skole wat by die kunstefees vir skole opgetree het.

Die vyf meisies – Liphiwe Mphanda, Shandukani Mugivhi, Lithapelo Sam, Tholwanea Stuurman en Siziphiwe Mbazane – noem aan Hermanus Times dit was vir hulle wonderlike ervaring wat hulle geweldig baie geniet het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article