Die brandweerdienste het vir die kinders van Grabouw gewys wat om te doen as ’n brand uitbreek.


Hulle doen baie vir die kinders van Grabouw en jy sal hulle gereeld in Rooidakke sien waar hulle kos vir almal uitdeel.

Nie eens die koue sit die vrywilliger van “Die Straat se Kind” af om hul medemens te help nie. Onlangs het hulle ’n Mnr. en Mej. Skoolvakansie aangebied en die opkoms was baie goed.

Chenelle Franke, een van die direkteure van dié organisasie sonder winsoogmerk, sê almal het ingespring om van die dag ’n sukses te maak. “Ons is ’n span duisend en niks kry ons onder nie. Ek wil ook graag van die geleentheid gebruik maak om Blue Ribbon Salt River Bakery in Kaapstad asook hul werknemers te bedank vir die geskenkpakkies en brood wat hulle geskenk het. Baie dankie ook aan my man, Junon, en die res van die span vir hul ondersteuning, asook André Philander van die onderwysdepartement. Verder wil ek ook graag die brandweerdienste bedank, wat aan die kinders kom wys het wat om te doen as ’n brand ontstaan,” het Franke gesê.. Die Straat se Kind is ’n organisasie sonder winsoogmerk, wat in die Grabouw-omgewing werk om die jongmense op te hef. Hulle is gereeld besig met sopkombuise en ander programme ten bate van kinders in Grabouw. Vir nog inligting of om hulle te help, bel Franke by 073 810 1881.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article