Die gemeenskapsorganisasie Kaapse Forum het Donderdag (25 Julie) ’n groot skenking aan die Caledon-rugbyklub oorhandig.
Kort voordat die spanne Donderdagaand met hul oefenprogramme begin het, het Kaapse Forum aan al die spelers, die afrigters en die bestuur van die Caledon-rugbyklub Puma-tekkies asook ’n Kaapse Forum-sak oorhandig.
Elizma Arendse van Kaapse Forum sê: “Kaapse Forum het deur ons netwerke ’n skenking van Puma gekry. Omdat ek en Heindrich Wyngaard van Caledon is, en omdat ons reeds so ’n noue band met die Caledon-rugbyklub het, het ons dit goedgedink om eerste Caledon toe te kom en die Caledon-rugbyklub ’n skenking van die Puma-skoene te gee. Dit was ook sommer ’n bietjie van ’n bederf vir die manne voor hul groot derbydag-wedstryd Saterdag (27 Julie) teen Hawston.”





