Die jukskei-spelers wat aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap gaan deelneem.


Dit blyk dat die jukskei-bloed diep deur die are van die Kleinmond-inwoners loop nadat die Overberg-jukskeiklub die seisoen met ’n Trips-toernooi afgesluit het en waar Kleinmond oor die algemeen koning gekraai het.

Dié toernooi, wat Saterdag in Kleinmond gehou is, is in drie afdelings verdeel.

Kleinmond het die A-afdeling gewen en sodoende die goue medalje verower. Groenberg was tweede gevolg deur die bronswenners, Gansbaai.

In die B-afdeling het Kleinmond B1 ook gewen met Groenberg in die tweede plek en Kleinmond B2 in die derde plek.

Die C-afdeling is deur die vrouespan van Bettysbaai gewen, met Groenberg tweede en Kleinmond derde.

Die ligawenners is tydens die prysuitdeling vir hul harde werk vereer. Die A-liga is deur die A-span van Kleinmond gewen en in die tweede plek was dit Gansbaai. Groenberg het met die derde plek weggestap.

Groenberg was die wenners van die B-liga met Kleinmond tweede en Gansbaai derde. Die C-liga is deur Kaap-Agulhas gewen met Bettysbaai tweede en Groenberg derde.

Die belowendste speler van die 2022-’23-seisoen is Johan Coertze van die Groenberg-klub en Beth Ruthven van Bettysbaai, asook Hein Steyn van Kaap-Agulhas, Marius van der Westhuizen van Gansbaai en Jacques Boshoff van Kleinmond.

Al het die liga plaaslik gesluit, gaan spelers aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap deelneem, wat van 25 tot 31 Maart in Kroonstad gaan plaasvind. Die Overberg gaan met twee vrouespanne en een manspan deelneem.

Die A1-vrouespelers wat aan die kampioenskap gaan deelneem, is: Carina Botha, Arina Steyn, Elna van den Berg (kaptein) en Bibi Schmidt.

Die A2-vrouespan bestaan uit Penny Davidson, Ria de Klerk, Marielize Swart en Stella Geldenhuys (kaptein).

Die bo-50-manspan is Chris Coetzee (kaptein), Willie Marais en Willie van der Merwe.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article