’n Groep jong netbalspelers van Myddleton het onlangs die Caledon-museum besoek.

Janine Botha van Emoji Movement sê die museumbesoek was deel van bewusmaking rakende Vrouemaand.

“Die besoek was gemik op bewusmaking van hoe belangrik hulle as vroue in die gemeenskap is, want hulle is immers die toekoms,” sê Botha.

Vir die meeste meisies was dit hul eerste besoek aan die museum en dit was duidelik dat hulle dit baie interessant gevind het.

Sop en tuisgebakte brood is ná die besoek voorgesit en daar was ook ’n gelukstrekking met pryse vir drie gelukkige wenners.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article