St. Patrick’s-jeug in Mount Pleasant het hul Mandeladag-projek Saterdag 22 Julie gehou. Hulle het kos en klere aan minderbevoorregte gemeentelede uitgedeel. Die jeug het ook na die gemeenskap en die Mount Pleasant Saints-sopkombuis sowel as die Hermanus Night Shelter uitgereik. Die organiseerders het almal bedank wat die kos voorberei het. Bo is al die vrywilligers en jeugleiers wat die dag moontlik gemaak het.
Jeug van Mount Pleasant reik uit
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.