Tradisioneel het skoolgereedheidstoetse in graad R hoofsaaklik gefokus op die evaluering of kinders aan spesifieke akademiese en ontwikkelingsmaatstawwe voldoen.


Die benadering tot die bepaling van skoolgereedheid het in die afgelope jare aansienlike veranderinge ondergaan. Tradisioneel het skoolgereedheidstoetse in graad R hoofsaaklik gefokus op die evaluering of kinders aan spesifieke akademiese en ontwikkelingsmaatstawwe voldoen. Hierdie metode het egterdikwels die individuele groei en unieke sterkpunte van elke kind oor die hoof gesien. Vandag is daar ’n verskuiwing na ’n meer holistiese en ondersteunende benadering, wat klem lê op deurlopende groei en persoonlike ondersteuning, sê ’n opvoedkundige kenner.

“Die moderne benadering plaas minder klem op tradisionele assesserings en meer op die meting en ondersteuning van leerdergroei oor tyd,” sê Lynda Eagle, akademiese adviseur by ADvTECH, Afrika se voorste private onderwysverskaffer. “Hierdie verskuiwing erken dat elke kind op sy eie tempo ontwikkel en unieke sterkpunte én areas vir verbetering het. Deur op groei te fokus, kan opvoeders leerders beter ondersteun soos hulle vorder, hul sterkpunte uitbrei en ondersteuning bied waar dit nodig is.”

WAT BETEKEN SKOOLGEREEDHEID?

Skoolgereedheid is ’n evaluering van hoe goed ’n kind voorberei is om skool toe te gaan en sukses te behaal in ’n leeromgewing, verduidelik Eagle. Wanneer skoolgereedheid oorweeg word, is daar ’n reeks ontwikkelingsgebiede – almal onderling verbind – wat oorweeg moet word: akademies/kognitief, sosiaal, emosioneel en fisiek. Gesamentlik dui gesonde ontwikkeling oor hierdie gebiede aan dat ’n kind gereed is en in staat sal wees om aan te pas en te floreer in sy/haar nuwe omgewing. “Skoolgereedheid gaan nie net oor kennis nie. Dit behels ’n kind se vermoë om aan te pas, om emosies te bestuur, om positief met ander te kommunikeer en om roetines te volg.”

ONTWIKKELINGSGEBIEDE

Kinders se ontwikkeling sal verskil volgens hul ouderdom en ontwikkelingsfase. Die verskillende elemente wat oorweeg word, word breedweg soos volg omskryf:

* Fisieke ontwikkeling: Dit sluit beide fyn- en grofmotoriese vaardighede in wat die kind in staat stel se vermoë verbeterom sy/haar liggaamsbewegings met groterakkuraatheid en presisiete beheer. Die ontwikkeling van dié vaardighede berei kinders uiteindelikvoor vir handskrif (vorm van letters en syfers) en die fisieke aktiwiteite wat nodig is vir sport, soos hardloop, spring en bal gooi.

* Kognitiewe ontwikkeling: Dit is die kind se vermoë om inligting te verwerk en sy/haar begrip van basiese vaardighede te demonstreer deur probleemoplossing, instruksies te volg, gebeure te orden, te redeneer en toe te pas wat hy/sy het in nuwe situasies leer.

* Sosiale ontwikkeling: Dit oorweeg die kind se vermoë om met ander te kommunikeer, om te deel, beurte te neem, saam te werk en met ander te koöpereer. Verstaan hulle sosiale leidrade, en is hulle in staat om hierdie leidrade gepas te interpreteer en daarop te reageer, asook om emosies te herken?

* Emosionele ontwikkeling: Dit behels die kind se vermoë om sy/haar emosies en gedrag te reguleer. Dit bou aan die kind se selfvertroue en vermoë om onafhanklik te werk – om gesonde keuses te maak en effektief in ’n gemeenskap te funksioneer.

VERBY TRADISIONELE ASSESSERINGS – WAT DIE BESTE IS VIR DIE KIND

“Wanneer ons nie die ouderdom en ontwikkelingsfase van kinders in ag neem nie, loop ons die risiko om hul vaardighede te probeer ontwikkel voordat hulle gereed is, of voordat hulle die nodige fondasievorme ervaar het, wat lewenslange gevolge kan hê as daar te vinnig probeer word om skoolgereedheid te bereik,” sê Eagle.

“?’n Oorbeklemtoning van akademiese vaardighede kan daartoe lei dat abstrakte konsepte aangeleer word sonder voldoende konkrete ervarings. Om leerders te meet en te oordeel volgens vaste voorafbepaalde norme of standaarde, erken nie hul unieke behoeftes, talente en neigings nie. Hierdie benadering plaas onnodige druk op beide die volwassenes en leerders in ’n poging om hierdie mylpale te bereik, dikwels ten koste van die ontwikkeling van belangrike basiese of sagte vaardighede.”

Daarbenewens, sê sy, kan die versuim om kulturele kontekste in ag te neem beteken dat norme gebaseer is op standaarde wat nie in lyn is met die kind se unieke ervarings nie.

“Om ’n mededingende omgewing te kweek kan druk plaas op ’n kind se welstand, gevoel van behoort en identiteit.Wanneer ‘n kind as ongereed gemerk word, impliseer dit dat hulle nie waardig is nie, wat eerder tot oordeel as koestering lei.”

Eagle sê ouers en onderwysers moet ’n gebalanseerde benadering volg deur te bepaal of die skool gereed is vir die kind, en of dit kan werk binne ’n raamwerk wat die regte van die kind erken – om leerervarings aan te pas en te ontwerp wat gapings en uitdagings aanspreek.“ Eerder as om boksies af te merk om skoolgereedheid te bepaal, is dit ons plig om te fokus op die kind se emosionele, sosiale en geestesgesondheid.– waar hulle veilig voel, sal hulle oop wees vir leer. Ons moet buigsaam en aanpasbaar wees – om inklusief en bevestigend op te tree – dit sluit die taal in wat ons gebruik. Die oorheersende erkenning moet wees dat kinders nie op dieselfde maniere volwasse raak of leer nie. Dit is in orde, en dit vereis eenvoudig van ons om dienooreenkomstig aan te pas.”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article