Om in te kleur is nie net meer vir kinders nie, maar ook vir volwassenes.
Navorsing het bewys om in te kleur, is ’n goeie manier om van spanning ontslae te raak.
Harcourts in Hermanus het onlangs ’n inkleurkompetisie vir die jongspan van die dorp aangebied. “Twee afdelings is aangebied – een vir senior leerders en een vir juniors. Ons het baie inskrywings gekry en die een was mooier as die ander,” het Jana Smith van Harcourts gesê.
“Ons het heerlike pryse op die spel gehad. Die eerste prys was ’n R1 000-geskenkbewys van PNA, die tweede prys ’n R750-geskenkbewys van PNA en die derde prys ’n R500-geskenkbewys van PNA.”
Harcourts het besluit om ’n kenner vir die beoordeling te gebruik, en die bekende kunstenaar Debbie van Vuren het die moeilike taak gehad om die wenners te kies.
Die wenners van die junior groep was Brendan Shaw (eerste), Ruan Ferreira (tweede) en Kay-Leigh Wilson (derde).
Die senior wenners was Elisabet Alheit (eerste), Jaco Kriel (tweede) en Mathew la Grange (derde).





