‘n Flank van Hermies beur vorentoe in die wedstryd Saterdag teen die Hoërskool Swartland. Swartland het Hermies 49-26 geklop. Foto: David Rossouw

Hoërskool Hermanus val vas teen Swartland van Malmesbury

‘n Flank van Hermies beur vorentoe in die wedstryd Saterdag teen die Hoërskool Swartland. Swartland het Hermies 49-26 geklop. Foto: David Rossouw

Die Hoërskool Swartland (Rockies) en die Hoërskool Hermanus het mekaar Saterdag (18 April) in ‘n vriendskaplike wedstryd op die Hoërskool Swartland se sportterrein in ‘n derby-sportdag die stryd aangesê.

Die eerste wedstryde het die sportdag ingelui toe die twee skole se o.14A-spanne mekaar aangedurf het en is daarna gevolg met wedstryde tussen die o.15A-, o.19B- en o.16A-spanne.

Swartland en Hermanus- laerskole se o.13-spanne het die toeskouers getrakteer met opwindende laerskoolrugby in die voorwedstryd voor die hoofwedstryd van die o.19A-spanne, wat om 14:30 afgeskop het.

Die Rockies, wat die eerste helfte teen die wind begin het, het nie die toeskouers en hul spanmaats teleurgestel nie en die eerste punte van die wedstryd met ‘n drie van ‘n lynstaan af met ‘n rolmaalbeweging afgerond. Met die doelskop suksesvol, het hulle 7-0 voorgeloop, maar dit was van korte duur, want Hermanus het ná ‘n paar minute teruggeslaan met ‘n onverdoelde drie en die gaping tot 5-7 verklein.

Terwyl die Rockies se pak voorspelers die wedstryd voorlangs oorheers het en die toe-

skouers met goeie voorspelerspel vermaak het, het Hermanus se vlugvoetige agterlyn ook opwindende spel agterlangs opgelewer. Toe halftyd aanbreek was die Rockies met twee punte voor – 28-26 – en opwindende rugby is in die tweede helfte voorspel.

Ná rustyd het die Rockies hul meesterskap teen Hermanus in die vaste en losspel getoon en na ‘n vinniger tempo oorgeslaan.

Hermanus moes net verdedig. Die Rockies het in die proses nog drie verdoelde drieë behaal, terwyl Hermanus geen teenvoeter vir die Rockies se vurige spel tussen voor- en agterspe­lers gehad het nie.

Hermanus het hard probeer met agterlyn-aanvalle, wat hul aanvalswapen was, maar kon nie die Rockies se verdediging breek nie en is uiteindelik met 49-26 geklop.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article