Die Hermanus-Kalfiefees pronk vanjaar met ’n splinternuwe kenteken en dié kenteken gaan ook ’n baken in die dorp wees. Volgens die voorsitter van die Kalfiefees, Jan de Ruyter, is die verandering welkom. “Dis ons 23 ste jaar wat ons die Kalfiefees aanbied en ons het nou ons fopspeen verloor en vier ons volwasse skoene,” het hy gesê. Die kunstenaar van die nuwe kenteken is Kseniia Nel. Dié jong kunstenaar van die Oekraïne eksperimenteer met verskil­lende mediums. Nadat sy haar graad in kuns in Oekraïne verwerf het, het sy haar meestersgraad in Noorweë behaal. Sy het ook al kunsuitstallings in die Oekraïne, Noorweë, Hongarye, Turkye en Roemenië gehou. Besoek haar webwerf by www.kseniianel.com Foto: Mariëtte Strydom


Hermanus-Kalfiefees pronk met nuwe kenteken

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article